Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 650 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT – Uitsonderlike Ligging en Ruimte in die Gewilde Golfpark Indien ligging, privaatheid en ruimte hoog op u prioriteitslys is, bied hierdie besonderse eiendom alles waarna u op soek is. Gelee¨ teen die golfbaan in die gesogte Golfpark Sekuriteitslandgoed, geniet hierdie woning 'n rustige ligging tussen groot, gevestigde bome met 'n pragtige uitsig oor die setperk. Die ruim erf is groter as die meeste erwe in die landgoed en bied uitstekende privaatheid in 'n rustige, natuurlike omgewing. Wanneer u verby die dubbelmotorhuis stap en die voordeur betree, word u verwelkom deur 'n netjiese ingangsportaal. Aan die linkerkant vind u die kombuis met soliede houtkaste, ruim werkoppervlaktes en 'n gerieflike opwasarea. Die portaal vloei na die ruim oopplan-sitkamer en eetkamer wat 'n heerlike gevoel van ruimte en gemak skep. Aangrensend aan die leefarea is 'n groot, veelsydige vertrek wat direk vanuit die sitkamer bereikbaar is. Hierdie ruimte kan maklik dien as 'n tuiskantoor, vierde slaapkamer, stokperdjie-kamer, kinderspeelkamer of 'n addisionele televisie- of ontspanningskamer. 'n Glasdeur vanuit die leefarea lei na die patio waar u kan ontspan en die uitsig oor die mooi aangelegde tuin en die golfbaan geniet – die perfekte plek vir oggendkoffie of laatmiddagsonsondergange. Vanaf die sitkamer lei 'n gang na die slaapvertrekke. Die eerste vertrek is die volledig toegeruste gastebadkamer met bad, stort, en wasbak. Die toilet is apart. Die eerste slaapkamer is aan die regterkant van die gang gelee¨, terwyl die groter gastekamer aan die linkerkant is. Die hoofslaapkamer is besonder ruim en beskik oor 'n volledige muur van ingeboude kaste, 'n lugversorger en 'n en-suite badkamer met bad, stort, toilet en wasbak. Vir ekstra gerief is al die slaapkamers sowel as die sit- en eetkamer toegerus met plafonwaaiers. Die woning beskik verder oor 'n songeyser sowel as 'n elektriese geyser, en daar is reeds installasie voorsien vir die koppeling van 'n kragopwekker. Die dubbelmotorhuis bied meer as net parkeerplek. Daar is 'n aparte vertrek met deurtoegang en ingeboude rakke wat ideaal is vir die veilige berging van gereedskap en toerusting. 'n Buite-toilet is ook by die motorhuis beskikbaar. Voor die motorhuis is daar 'n dubbele afdak wat addisionele onderdakparkeerplek bied. Hierdie gedeelte bied uitstekende potensiaal om omskep te word in 'n woonstel vir uitgebreide familie of addisionele inkomste. Die erf is volledig omhein met palissade-omheining en beskik oor handmatige besproeiing, 'n boorgat met 'n nuwe pomp, asook 'n 5 000 liter watertenk met drukpomp – waardevolle toevoegings wat bydra tot selfstandigheid en laer waterkoste. Hierdie eiendom bied die ideale kombinasie van ruimte, funksionaliteit, privaatheid en 'n uitstekende ligging. Dit is die perfekte gesinshuis vir 'n groeiende familie, maar ook ideaal vir 'n paartjie wat ekstra leefruimte en die rustige leefstyl van Golfpark waardeer. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 15 581
on a R 1 485 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Palesa Khumalo
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 495 000
Modimolle
HouseR 1 685 000
Chroompark
HouseR 1 500 000
Annadale
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 460 000
Phalaborwa
HouseR 1 950 000
Phalaborwa
HouseR 1 590 000
Mahlasedi Park