Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 2 690 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT – Moderne Ruim en Stylvolle 3 slaapkamer 2 badkamer woning in ‘n pragtige deel van die gesogte Die Oog Aftree Landgoed Hierdie besonder netjiese, moderne en uitstekend onderhoude woning bied veel meer as die gemiddelde eiendom in die area. Met drie slaapkamers, twee badkamers, ekstra ruim oopplan leefareas en uitstekende energiebesparende kenmerke, is hierdie 'n huis waar gemak, praktiese leefbaarheid en rustige tuinlewe perfek saamvloei. By aankoms word jy begroet deur drie afdakke aan die regterkant van die erf. Wanneer jy deur die tuinhekkie stap, lei 'n kronkelende klippaadjie jou deur 'n kleurvolle tuintjie met pragtige rose, gevestigde plante en broodbome tot by die voordeur. Aan die regterkant van die ingang is 'n praktiese toegeboude waskamer. Sodra jy die huis binnekom, ontvou die ruim oopplan leefarea voor jou. Die moderne kombuis met 'n groot eiland en elegante Caesarstone-werkblaaie vorm die hart van die huis, terwyl die eetkamer gerieflik aan die linkerkant gelee¨ is. Hierdie uitnodigende ruimte vloei naatloos saam met die ruim sitkamer en skep 'n ideale omgewing vir gesinslewe en onthaal. Pragtige ingeboude houtkaste voeg warmte en karakter by die leefarea. 'n Skuifdeur lei na die volledig toegemaakte stoep waar aluminium- en glaspanele 'n helder, ligte atmosfeer skep. Die ingeboude braai en ruimte vir 'n 8 tot 10-sitplek eetkamertafel maak hierdie area die perfekte plek vir lang, gesellige kuiers saam met familie en vriende. Vanaf die stoep stap jy uit na 'n smaakvol aangelegde, lae-onderhoud tuin waar groenigheid, kleurvolle plante en rustige atmosfeer jou onmiddellik laat tuis voel. Die area is met plaveistene uitgele^ vir lae onderhoud en gemaklike beweegruimtes. Vanuit die kombuis lei 'n gang na die slaapvertrekke. Die eerste gastekamer is links gelee¨, met die netjiese gastebadkamer aan die regterkant. Verder af is die tweede slaapkamer, terwyl ekstra ingeboude kaste in die gang waardevolle linne- en pakplek bied. Aan die einde van die gang wag die ruim hoofslaapkamer met 'n volledige muur van ingeboude houtkaste. Die en-suite badkamer beskik oor 'n groot instapstort met glaspaneel, toilet en wasbak. 'n Besonderse voordeel van hierdie woning is dat al drie slaapkamers direkte toegang tot die binnetuin het deur middel van buitedeure. Net voor die hoofslaapkamer is 'n ekstra afdak aangebring – die ideale plek om jou dag met 'n koppie koffie tussen die plantegroei en voe¨llewe te begin. Die woning is verder toegerus met 19 sonpanele, 'n 8kW inverter en batterykapasiteit van ongeveer 20kW, wat uitstekende energiedoeltreffendheid en betroubare kragvoorsiening verseker. Die waterverkoeler op die dak bied 'n omgewingsvriendelike verkoelingstelsel wat ideaal is vir warm somersdae. Twee ekstra gereedskapshuisies word by die verkoop ingesluit, waarvan een die inverter- en batterystelsel huisves e nook plek het vir jou tuingereedskap. Die netjiese tuin word verder ondersteun deur 'n outomatiese besproeiingstelsel wat gerieflik met 'n tydskakelaar beheer kan word. Hierdie gewilde leefomgewing word verder versterk deur die betrokkenheid van die SAVF, 'n organisasie wat reeds sedert 1904 gemeenskappe en senior inwoners ondersteun. Die ontwikkeling van verbeterde gesondheids- en versorgingsfasiliteite binne die gemeenskap, insluitend die beplande nuwe mediese sentrum, dra by tot die langtermyn waarde, gerief en gemoedsrus van inwoners. SAVF bly een van Suid-Afrika se mees gevestigde organisasies op die gebied van gemeenskaps- en seniorsorg. Hierdie uitsonderlike eiendom kombineer ruimte, moderne geriewe, energiedoeltreffendheid en 'n rustige tuinomgewing in een besonderse pakket – die ideale woning vir kopers wat kwaliteit, gemak en 'n uitstekende leefstyl waardeer. Hierdie tipe woning is besonder gesog en kom selde op die mark. Moenie die geleentheid laat verbygaan nie – uitstel lei dikwels tot spyt. Kontak my vandag nog om 'n privaat besigtiging te ree¨l en ontdek self alles wat hierdie uitsonderlike eiendom bied. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 25 402
on a R 2 421 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 90% above comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Marie Makhanya
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 600 000
Groblersdal
TownhouseR 2 300 000
Bendor
HouseR 2 650 000
Mookgopong
HouseR 2 600 000
Serala View
HouseR 3 200 000
Bela Bela
HouseR 3 250 000
Bela Bela
HouseR 2 800 000
Aloe Ridge
HouseR 1 950 000
Phalaborwa