Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 2 650 000
Hierdie pragtige eiendom, aangrensend tot parkland met 'n dubbel erf gekonsolideer, bied jou ruimte, privaatheid en rus en vrede. Vanaf die oorgrote stoeparea kan jy soggens heerlik sit en koffie drink en die wild, wat volop hier beweeg, bekyk of saans rustig om 'n kampvuur die omgewing geniet. Die huis bied soveel meer as wat dit van die pad af lyk. Van die oomblik wat jy by die voordeur instap besef jy, hierdie eiendom is gebou vir eienaars wat beslis hou van ruimte. Mense wat gewoond is aan die vryheid wat ''plaaslewe'' jou bied. Die oopplan sitkamer en eetkamer is groot en ruim met 'n pragtige kombuis met kiaatkaste en 'n eiland kompleet. Die hoofhuis het 3 slaapkamers met 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is. Die badkamers is toegerus met gas geysers wat krag verbruik drasties verminder. Die kaste in die kamers is beplan om te verseker dat daar oorgenoeg pakplek is. Die hoofslaapkamer het 'n lugversorger. Dit is dan ook die stoep area wat jou beslis tuis laat voel. Die groot stoep is heerlik vir familie kuiers en rond die prentjie perfek af. 'n Aparte braaiarea teen die parkland, verseker heerlike saamkuier aande om die kampvuur. Die woonstel wat eerder meer lyk soos 'n klein meenthuis, en apart staan van die hoofhuis, het 'n pragtige kombuis en oopplan eet- en sitkamer. 2 Slaapkamers en 1 volledige badkamer. Dubbel motorhuise en dubbel afdakke verseker genoeg onderdak parkering. Twee erwe is gekonsolideer om hierdie eiendom so privaat moontlik te hou en spasie en ruimte te verseker. Die totale erf is 2395 vierkante meter. Planne vir 'n swembad is in plek. Die ruimte, erfgrootte, spasie en enorme groot stoep met 'n jacuzzi is verrassend anders en beslis die plek vir iemand wat gewoond is aan die plaas lewe. Daar is twee groentetuine waar u heerlik u eie groente kan plant en 'n hele paar peppadews, goed afgeskans vir gulsige bobbejane, wat u na hartelus kan bottel in seisoen. Hier kan u rustig aftree en nog steeds die ruimte, spasie en privaatheid ervaar wat mens op 'n plaas geniet, met veiligheid verseker. Kranspoort is 'n lieflike plek om te woon. Veilig, met 'n sekuriteitsbeheerde toegangshek en 'n sekuriteitsbewuste gemeenskap wat wil verseker dat ieder en elke inwoner die rus en vrede wat die omgewing bied kan geniet en waardeer. Kranspoort is enig en uniek in soort en die leefstyl is gewild. Kranspoort is nie net bekend vir sy veiligheid nie, maar ook vir sy vriendelike mense, die rustige omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 25 025
on a R 2 385 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Annika Makhanya
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 175 000
Del Judor
HouseR 2 900 000
Del Judor
HouseR 2 400 000
Secunda Central
HouseR 1 898 000
Delmas
HouseR 2 415 000
Reyno Ridge
TownhouseR 2 399 000
Die Heuwel
HouseR 2 200 000
White River Ext 18
HouseR 3 184 000
Ben Fleur