Find it.Tour it.Trust it.



















House1 / 20Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 690 000
Netjiese en moderne 3 Slaapkamerhuis by Die Oog Aftree Landgoed Hierdie pragtige en uitstekend versorgde 3-slaapkamer, 2-badkamer (een en-suite) woning bied alles wat nodig is vir ‘n gemaklike en aktiewe aftreestyl in die hart van die gewilde Die Oog Aftree Landgoed. Dit sluit ook Solar en Solar Geyser in! Wanneer jy by die voordeur instap, verwelkom die ligte oopplan kombuis en sit-/eetkamer jou. Die kombuis is modern en prakties, met granietblaaie, volop kasruimte en ‘n deur wat direk lei na die wasgoedarea met wasbak en hekkie na die agtertuin. Vanuit die leefarea lei ‘n skuifdeur na ‘n gesellige patio met ingeboude braai en ‘n netjiese tuintjie – perfek vir rustige oggende of kuiers saam met vriende. Uit die kombuis loop ‘n kort gang na die slaapkamers: Aan die linkerkant is die eerste, kleiner slaapkamer, wat ideaal is as kantoor of studeerkamer. Regs is die ruim tweede slaapkamer, en weer links die volledige gastebadkamer met bad, stort, wasbak en toilet. Heel aan die einde van die gang is die privaat hoofslaapkamer met volop ingeboude kaste wat ‘n gang vorm na die en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet. Hierdie twee kamers kyk uit op die lapa en braai-area – ‘n rustige uitsig waar jy dikwels njalas kan sien wei teen die heuwel 'n entjie skuins voor die huis, met volop voe¨llewe wat bydra tot die natuurskoon. Die enkelmotorhuis is van binne toeganklik via ‘n deur in die kombuis/eetkamer, en die afdak voor die motorhuis bied ekstra parkeerplek vir ‘n tweede voertuig of golfkar. Hierdie woning is instapklaar – net kom intrek, ontspan, en begin leef! Dit is die ideale tuiste om jou “silwer jare” voluit te geniet in ‘n veilige, aktiewe en sosiale gemeenskap. Leefstyl by Die Oog Aftree Landgoed Die Oog bied ‘n lewenstyl van gemak en geselligheid met geriewe soos ‘n warmwater swembad, sorgeenheid, restaurant en winkeltjie. Met Naboomspruit slegs 16 km weg – en ‘n Checkers 60/60-aflewering diens wat tot by die landgoed kom – is inkopies en noodsaaklike dienste binne maklike bereik. Plaaslike apteke lewer ook daagliks voorskrifte en medikasie af. Die gemeenskap is lewendig en vriendelik – mense geniet dit om saans in die warm mineraal-swembad te ontspan, vriende te ontmoet of bloot die stilte, vars lug en helder sterrehemel in te neem. In die aktiwiteitssaaltjie word daagliks ‘n verskeidenheid oefen- en ontspanningsprogramme aangebied, insluitend Pilates, stoel-Pilates, MAP- en strek-oefeninge, asook lyndans vir beginners tot gevorderdes. Vir die meer avontuurlustiges is daar jukskei, putt-putt, voe¨l- en boomkyk-groepe, asook fietsry-, draf- en stapgroepe wat gereeld uitstappies in die natuurreservaat ree¨l. Of jy nou saam met ander uitstappies geniet of rustig op jou eie ‘n piekniek hou, Die Oog bied die perfekte balans tussen aktiwiteit en rus. In die restaurant en eetsaal word heerlike boerekos teen bekostigbare pryse bedien – ‘n gewilde kuierplek waar inwoners saam eet en stories deel. Daar is selfs pooltafels op die stoep en ‘n spyskaart wat daagliks wissel, met spesiale aanbiedinge wat elke smaak en begroting pas. Die Oog Aftree Landgoed is werklik ‘n plek waar die leuse “aktiewe aftrede” lewe kry – en hierdie woning bied die perfekte balans tussen gerief, natuur en gemeenskap. Skakel my gerus om ‘n afspraak te maak vir ‘n besigtiging en om meer oor hierdie unieke eiendom te hoor. Vrywaringskennisgewing: Inligting op hierdie webwerf word te goeder trou verskaf en geag akkuraat te wees tydens publikasie. Die agent en agentskap aanvaar geen aanspreeklikheid vir foute, weglatings of veranderings nie. Koper(s) word aangeraai om alle besonderhede self te verifieer.
Estimated monthly repayment
R 15 959
on a R 1 521 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Jan Van Zyl
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 460 000
Phalaborwa
HouseR 1 685 000
Chroompark
HouseR 1 500 000
Annadale
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 950 000
Phalaborwa
HouseR 1 590 000
Mahlasedi Park
HouseR 1 400 000
Impala Park