Find it.Tour it.Trust it.

























House1 / 26Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 4 200 000
'n Pragtige woonhuis met groot oop leefruimtes, hoe dakke en oop balke. Hierdie woning bied u soveel meer as net die normale. Die huis het 'n volledige solarsisteem met 2 x 8KW Inverters en 10 Lithium Batterye met 36 sonpanele - 'n behoorlike kragstasie vir 'n solarsisteem inderdaad. Daar is 'n alarmsisteem met 8 ogies, 16 kameras en 6 sensors buite die woonhuis - die eienaars sal egter bevestig dat Kranspoort uiters veilig is, maar dat hulle hierdie laat doen het omdat hul somtyds vir maande aaneen met vakansie gaan en nie tuis is nie. Daar is ook 'n 8Kv kragopwekker vir noodgevalle. Die boorgat word gebruik vir besproeiing en huishoudelike gebruik en het baie sterk water. (plus minus 5000Lt p/u). Daar is 'n filtersisteem in plek en 'n watertenk. 'n Gasstoof en oond en 2 gasgeyers. Die woonhuis bied u 3 groot slaapkamers en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is. Die gastekamers het ingeboude kaste en die hoofslaapkamer het 'n aantrekkamer met baie hang en pakkplek. Al die kamers is toegerus met lugverkoelers. Die oopplan kombuis het 'n opwasarea. Daar is ook 'n wasarea. 'n Groot eiland in die kombuis en oorgenoeg kaste vir pakplek. Die ontwerp van die woning laat jou baie dink aan 'n ''waenhuis'' styl met die groot kombuis, oopplan eet en sitkamer met 'n soliede Rooshout muureenheid, en die onthaalarea met binnebraai wat uitstap op 'n lieflike onderdak area met swembad en kuier plek. Daar is ook 'n boma waar laataande gekuier kan word. Die tuin is pragtig en goed beplan en 'n besproeiingstelsel is in plek. Daar is 5 motorhuise vir voertuie en/of werksspasie, 'n koelkamer en genoeg onderdak parkering vir 'n boot of 4 tot 5 ekstra voertuie. Die is 'n onderdak beskermde parkeerarea vir 'n groot karavaan of boot. Die eiendom het meer as genoeg stoorplek, buitegeriewe en 'n geinstalleerde koelkamer by die 2de motorhuis. Hierdie eiendom bied u verseker baie-baie meer as die gemiddelde woonhuis. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, 'n mini hardeware winkeltjie oorkant die ingang van Kranspoort, asook twee kwekerye in die omgewing. U is meer as welkom om my te kontak vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besigtig.
Estimated monthly repayment
R 39 662
on a R 3 780 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Priced highPriced 53% above comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Karabo Jones
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 4 350 000
Bethal
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 5 450 000
Bankenveld Estate