Find it.Tour it.Trust it.

























House1 / 26Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 640 000
GERIEFLIKE 2-SLAAPKAMER 2 BADKAMER HUIS TE KOOP IN DIE OOG AFTREE LANDGOED Hierdie aftreehuis bied die ideale balans tussen gemak en leefruimte – perfek vir 'n paartjie wat wil afskaal sonder om op leefkwaliteit in te boet. Die woning beskik oor twee slaapkamers, twee badkamers (waarvan een en-suite is), 'n toesluit motorhuis 2 ekstra afdakke, 6 solar panele, inverter en battery – alles in 'n veilige en rustige omgewing. INDELING EN LEEFSPASIE Wanneer jy die voordeur betree, word jy verwelkom deur 'n oopplan leefarea wat dadelik ‘n gevoel van ruimheid en gemak skep. Links is die netjiese kombuis met genoeg kasruimte. Reg voor jou is die eetarea, en verder links lei die ruimte natuurlik in na die sitkamer. Vanuit die eetkamer is daar toegang tot die motorhuis – uiters gerieflik, veral vir inkopies of slegte weer. Reg voor jou maak glasdeure oop na die buitearea – ‘n lieflike stoepie met ingeboude braai, afdak en seile wat dit bruikbaar maak in alle weersomstandighede. Hierdie buitelugruimte is ideaal vir gesellige kuiers of rustige oggendkoffie. SLAAPKAMERS EN BADKAMERS Die sitkamer lei links na die tweede slaapkamer – perfek vir gaste – met die gastebadkamer net regs daarvan. Die hoofslaapkamer is aan die regterkant van die sitkamer gelee¨ en bied ruim spasie vir selfs 'n koninggrootte bed. Ingeboude kaste weerskante van die kort gangetjie lei na die en-suite badkamer met stort, wasbak en toilet – prakties en stylvol. LEEF IN DIE HART VAN DIE BOSVELD Die Oog Aftree Landgoed bied nie net veiligheid en gemeenskap nie, maar ook ‘n unieke natuurlike omgewing. Saans kan jy luister na die roep van die wolstert-nagaap, klein nagapies, uile, bosbokke en selfs die huil van jakkalse uit die Landgoed se natuurreservaat – ‘n herinnering aan hoe bevoorreg mens is om in die Bosveld te woon. GERIEWE EN GEMEENSKAP Die warmwater swembad, volledige sorgeenheid, restaurant en winkeltjie dra by tot die uitsonderlike gerief van die oord. Naboomspruit, net 16 km van Die Oog af, bied verdere geriewe – insluitend ‘n Checkers wat 60/60 aflewerings by Die Oog doen, asook apteke wat medikasie en voorskrifte daagliks aflewer. Die warmwater swembad is ‘n gunsteling onder inwoners – ‘n plek waar jy nuwe vriende kan ontmoet of eenvoudig stil kan ontspan onder die Bosveld se helder maan en sterre. AKTIWITEITE EN LEWENSTYL Die saal is daagliks aktief met oefenklasse soos Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strekklasse en lyndans vir beginners en gevorderdes. Daar is aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voe¨lkyk- en boomkykgroepe, fietsry, draf en natuurstappe in die natuurreservaat – ideaal vir diegene wat hul aftrede aktief wil leef. Die gemeenskap is hegte en ondersteunend – soos 'n uitgebreide familie. Die eetsaal bied daagliks smaaklike, bekostigbare boerekos wat mense byeenbring om stories te deel. Die restaurant en stoeparea bied ook pooltafels en gereelde spesiale aanbiedinge vanaf die spyskaart. Hierdie huis bied meer as net 'n dak oor jou kop – dis 'n leefstyl. Die Oog laat die leuse “aktiewe aftrede” werklikheid word, en hierdie woning is die perfekte plek om die volgende hoofstuk van jou lewe mee te begin – van wysheid tot grysheid. Skakel my gerus vir 'n persoonlike besigtiging of meer inligting. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 15 487
on a R 1 476 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 67% above comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Anika Botha
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 400 000
Impala Park
HouseR 1 685 000
Chroompark
HouseR 1 500 000
Annadale
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 460 000
Phalaborwa
HouseR 1 950 000
Phalaborwa
HouseR 1 590 000
Mahlasedi Park