Find it.Tour it.Trust it.













































House1 / 46Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
S069 Witolienstraat, Orania, Orania, Northern Cape
R 4 250 000
Bestaande, pragtige Gastehuis te koop Winsgewende gastehuis – ‘n uistekende-beleggingsgeleentheid in Orania! Kom word deel van ‘n Afrikaanse gemeenskap? Kom woon en werk hier en kry toegang tot uistekende skole en besighede. Orania, in die pragtige Bo-Karoo is dan net die plek vir jou! Hierdie luukse, ruim huis bied die perfekte geleentheid om permanent in te woon of as die gesogte gastehuis te bedryf met ‘n uistekende maandelikse inkomste. Hierdie eiendom is geleë in die gewilde Karoosig, bo-op die koppie. Die uitsig is pragtig oor die mooie Orania en omliggende vallei. Die kliënte basis bestaan uit: Toeriste, reisigers van oorsee, ouers van studente en skoliere. Die gastehuis bestaan uit: - Drie luukse gastekamers: Met ‘n en-suite badkamer (stort, toilet en wasbak) Twee kamers met standaard eenhede Een gesinskamer met ‘n ekstra vertrek en 2 x enkelbeddens vir kinders - Hoofwoning: Ontvangskamer/studeerkamer Oopplan-kombuis en sitkamer Luukse slaapkamer met en-suite badkamer, in-stap klerekas en opsie vir permanente verblyf of ekstra gaste-akkommodasie - Gemeenskaplike kuierarea: Ruim oopplan-sitkamer en eetarea met skuifdeure en pragtige uitsig Klein swembad omring deur die Karoo se rustigheid. Veiligheidshekkie vir kinders. Ingeboude braai, yskas, vrieskas en stofie Al 3 gastekamers het skuifdeure wat lei na die onthaalarea, maar elkeen het ook ‘n privaat ingang met privaat sitplekkie vir die gaste se gerief. Addisionele Kenmerke: - Opbergruimte: 2 buite store vir tuingereedskap - Parkering: Prieël met plek vir 4 voertuie - Energie onafhanklik: 2 x 8.8 KVA omsetters 6 x 5.1 KWH litiumbatterye 16 x 550W sonpanele Solar-geyers 5 x Lugversorgingseenhede (1 per gastekamer en 2 in die hoofwoning) CCTV kamera’s op strategeiese plekke 2 Watermeters: 1 vir rouwater (rivierwater) en 1 vir drinkwater Inligting oor Orania: Orania bied ‘n unieke leefstyl in ‘n rustige gemeenskap met sowat 3 000 inwoners. Die beskik oor uitstekende geriewe: - Restaurante en koffie winkels - Afrikaanse Skole en kerke - Supermarkte, restaurant, hotel en spa - Lughawe vir ligte vliegtuie - Die Hospitaal het ‘n ongevalle afdeling, apteek en ‘n radiografie afdeling - Eie Veiligheidsdienste in Orania - Ontspannings en visvang geriewe langs die Oranje rivier Hierdie eiendom is ‘n uistekende beleggingsgeleentheid – of jy nou permanent hier wil bly, of dit as ‘n gastehuis wil bedryf. Moenie hierdie kans misloop nie!! Toerusting en toebehore ingesluit Inventaris is beskikbaar Erf grootte: 405 m2 Huis grootte: 200 m2 Kontak ons vir ‘n afspraak Verblyfreg ‘n vereiste OSK lening is beskikbaar – normale kredietvereistes!
Estimated monthly repayment
R 40 134
on a R 3 825 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
S069 Witolienstraat, Orania, Orania, Northern Cape
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Lindiwe Sibanda
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 3 990 000
Memorial Road Area
HouseR 4 610 000
Hillcrest
HouseR 3 999 000
Royldene
HouseR 2 995 000
Sutherland
HouseR 3 990 000
Rhodesdene
HouseR 3 990 000
El Toro Park
HouseR 4 440 000
Upington Central
TownhouseR 3 172 500
Rhodesdene