Find it.Tour it.Trust it.





















House1 / 22Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 798 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Opgegradeerde 2 slaap, 1 badkamer grasdakhuisie te koop in Die Oog Aftree Landgoed – Aktiewe aftrede op sy beste Hierdie oulike en goed onderhoude grasdakhuisie is ‘n ideale aftree huisie vir die enkel pensionaris of paartjie wat wil afskaal en aftree in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed. Die woning bied twee slaapkamers en een badkamer met en-suite toegang vanaf die hoofslaapkamer, asook ‘n oopplan kombuis, eetarea en sitkamer wat ‘n gevoel van ruimte en gemak skep. Die sitkamer het 'n plafon in wat 'n groot voordeel is. Die hoofslaapkamer is ruim en toegerus met baie ingeboude kaste – ideaal vir gerieflike en georganiseerde leefruimte. Die kombuis, hoewel kompakt, is prakties ingerig met stylvolle granietblaaie wat nie net ‘n moderne voorkoms gee nie, maar ook duursaam en maklik skoon te hou is. Vanuit die sitkamer lei ‘n groot glas skuifdeur na die tuin en lapa – perfek vir ontspanne kuiers saam met familie en vriende. Die erf bied genoeg buiteruimte vir gesellige saamwees en tuinliefhebbers. Die tweede slaapkamer is kleiner, maar veelsydig – ideaal as gastekamer, tuiskantoor, stokperdjie- of stoorruimte. Die huisie beskik ook oor ‘n afdak vir ‘n voertuig – ‘n gerieflike toevoeging vir beskerming teen die son en weer. Geriewe en leefstyl by Die Oog Die Oog Aftree Landgoed bied ‘n uitsonderlike lewenservaring waar gemak en aktiewe leefstyl hand aan hand gaan. ‘n Warmwater swembad, sorgeenheid, restaurant en winkeltjie is alles deel van die geriewe wat jou daaglikse lewe vergemaklik. Met Naboomspruit slegs 16 km weg – nou met ‘n Checkers wat 60/60 aflewerings by Die Oog doen – word inkopies ‘n plesier. Apteke in die dorp lewer ook daagliks medisyne en voorskrifte af. Die warmwater swembad is ‘n gewilde kuierplek waar inwoners saans saamkom vir geselligheid of rustige ontspanning onder die sterre – ‘n plek waar jy die stilte, vars lug en natuur kan inneem. ‘n Gemeenskap soos familie In die gemeenskapsaal word daagliks ‘n verskeidenheid aktiwiteite aangebied: Pilatus, stoelpilatus, MAP-oefeninge, strekklas, en lynsdans vir beginners tot gevorderdes. Daar is ook aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voe¨l- en boomkyk, fietsry, draf en georganiseerde staptogte in die natuurreservaat. Vir die wat rustiger wil wees, is daar altyd die opsie om alleen ‘n piekniek te geniet in die pragtige omgewing. Die restaurant en eetarea is daagliks oop met ‘n volledige spyskaart en gereelde spesiale aanbiedinge wat by elkeen se smaak en begroting pas. ‘n Bord boerekos in die saal bring mense bymekaar om stories en lag te deel – soos ‘n uitgebreide familie. Vir die speellustiges is daar ook pooltafels op die stoep – net nog ‘n manier om pret te he^ en nuwe vriende te maak. Jou nuwe tuiste wag Die Oog is sonder twyfel ‘n aftreebestemming waar die leuse “aktiewe aftrede” werklik tot lewe kom. Hierdie huisie is die ideale plek om die volgende hoofstuk van jou lewe met vreugde, gemeenskap en vrede te begin – van wysheid tot grysheid. Kontak my gerus om ‘n besigtiging te ree¨l of vir meer inligting.
Estimated monthly repayment
R 7 536
on a R 718 200 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Good valuePriced 19% below comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Lindiwe Erasmus
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 960 000
Mookgopong
TownhouseR 875 000
Bendor
Flat / ApartmentR 820 000
Lephalale