Find it.Tour it.Trust it.















































House1 / 48Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 3 900 000
Hierdie lieflike eiendom is eerlikwaar ideaal vir die persoon wat lief is vir onthaal, groot familie kuiers en samesyn. Met 'n boma area, groot stoep met ingeboue braai en 'n massiewe groot swembad kan hier behoorlik ontspan kan word. Die eiendom is uiters netjies, baie privaat en gelee in een van die meer gesogte areas in Kranspoort, boonop in 'n cul de sac met 'n groot erf en gelee aan die groenstrook area. Vir 'n meer ideale ligging kan mens eerlikwaar nie vra. Die woning bied u 'n hoofslaapkamer met 'n ekstra grootte aantrekkamer, 'n en-suite badkamer met dubbel wasbak, toilet en stort. Die hoofslaapkamer is ruim en groot met 'n privaat "sit-hoekie of leesplek" wat uitkyk oor die swembad en pragtige bostuin omgewing. Die gastekamers het ingeboude kaste en is op die boonste vloer van die woning met 'n badkamer wat toegerus is met 'n wasbak, toilet en stort. Daar is 'n ingeboude linnekas ook op hierdie vlak. Die woning het ook 'n studeerkamer wat net soos die hoofslaapkamer se privaat sitkamer uitkyk oor die swembad en boomryke tuin. Die leefarea met groot oopvou alliminium deure, dubbel volume en pragtige gelamineerde vloer is groot en ruim en stap uit op die lieflike stoep/onthaalarea met swembad. Die stoep/onthaalarea het 'n ingeboude braai en daar is ook plek vir 'n gasbraaier - installassies soos wetlik vereis op standaard. Vanuit die leefarea na die parkland area is daar ook dubbel opvou alliminium deure wat uitstap na die reuse boma area wat 'n groot groep mense kan akkommodeer. In die leefarea is 'n klein dog funksionele private kroeg area uiters goed beplan en ideaal vir wanneer daar onthaal word. Op hierdie vlak is ook 'n gastebadkamer. Die lieflike kombuis is toegerus met alles wat 'n vrou se hart begeer - baie pakplek. 'n Groot eiland en graniet blaaie, 'n 4 gasplaat stoof en 'n groot oond, plek vir 'n dubbel yskas en 'n aparte opwasarea met plek vir 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroer. Die huis is ook toegerus met 'n volledige sterk solar sisteem, alarm- en kamerstelsel. Eienaars het met sorg elke vertrek beplan en uitgele en in hierdie woning is alles in plek en perfek. Daar is 'n dubbel motorhuis en stoorarea en 'n dubbel afdak. Toegang met 'n karavaan en boot na hierdie eiendom is nie 'n kopseer nie. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie besonderse eiendom vir u te wys.
Estimated monthly repayment
R 36 829
on a R 3 510 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Priced highPriced 42% above comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 4 350 000
Bethal
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 2 900 000
Del Judor
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 3 490 000
Secunda