Find it.Tour it.Trust it.


































House1 / 35Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 2 750 000
Hierdie pragtige woning in Kranspoort bied u 'n moderne huis wat grens aan die groenstrook area aan twee kante en baie privaatheid. Die huis het 3 ruim slaapkamers met ingeboude kaste en 2 volledige badkamers met beide 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer se badkamer is en-suite. Die storte is groot, die afwerking besonders en modern en die huis regdeur verras met mooi hout, staal en alliminium afwerking, interressante teelkeuses en 'n vrolike kombuis kompleet met 'n eiland, genoeg pakplek, 'n spens en opwasarea, 'n gasstoof met elektriese oond en quartz blaaie. Die leefarea is oopplan en daar is genoeg plek vir 'n eetkamer en 'n sitkamer. Vanuit hierdie vertrek stap u uit op 'n heerlike groot onthaalarea met ingeboude braai en 'n uitsig oor die groenstrookarea wat sal verseker dat u gereeld wild sal sien in die verbygaan. Die kamers is toegerus met dakwaaiers en daar is 'n gas en elektriese geyser. 'n Dubbel motorhuis asook buitegeriewe. Kranspoort is 'n lieflike plek om te woon. Veilig, met 'n sekuriteitsbeheerde toegangshek en 'n sekuriteitsbewuste gemeenskap wat wil verseker dat ieder en elke inwoner die rus en vrede wat die omgewing bied kan geniet en waardeer. Kranspoort is enig en uniek in soort en die leefstyl is gewild. Kranspoort is nie net bekend vir sy veiligheid nie, maar ook vir sy vriendelike mense, die rustige omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 25 969
on a R 2 475 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
TownhouseR 2 399 000
Die Heuwel
HouseR 2 175 000
Del Judor
HouseR 2 900 000
Del Judor
HouseR 2 200 000
White River Ext 18
HouseR 2 400 000
Secunda Central
HouseR 2 415 000
Reyno Ridge