Find it.Tour it.Trust it.














































House1 / 47Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
H110, Windpomp Eggo, Orania, Orania, Northern Cape
R 3 499 650
Hierdie uitsonderlik netjiese en stylvolle woning bied ’n luukse, moderne leefstyl met minimale instandhouding en ’n slim, doeltreffende uitleg wat elke vierkante meter optimaal benut. Die gevestigde tuin vereis min onderhoud en is toegerus met ’n volledig geoutomatiseerde sprinkelbesproeiingstelsel wat gerieflik via ’n toep beheer word. Die buitevertrekke sluit ’n praktiese buitegebou in wat aan die een kant as gereedskapskamer dien en aan die ander kant ’n privaat sauna huisves. Aan die agterkant van die huis skep ’n houtdek by die kombuisdeur, saam met ’n uitstekend funksionerende houtgestookte pizzaoond, die ideale ruimte vir ontspanne kuier en onthaal, met gemaklike sitplek vir ses persone. Die kombuis is die hart van die huis en spog met ’n luukse, moderne ontwerp. Dit beskik oor ’n groot sentrale eiland, ’n vyfplaat gasstoof met dubbele gasoond, uitgebreide kasruimte, ’n aparte koffiehoekie en ’n verligte koskas. Daar is ook voorsiening vir ’n dubbeldeur yskas, en skottelgoedwasser. Die kombuis vloei naatloos oor na die ruim oopplan TV-kamer en eetkamer, met genoeg plek vir ’n volledige sitkamerstel en ’n agt sitplek eetkamerstel. Deurgaans is die huis afgewerk met hoëgehalte gelamineerde vloere, warm-na-koel LED ligte in al die kamers en leef vertrekke en aluminiumdeure en -vensters, wat ’n moderne estetika kombineer met 'n luukse leefstyl. Die gastebadkamer bied ’n ruim inloopstort, wasbak en toilet, met aansluitings vir wasgoedtoerusting. Die hoofslaapkamer is besonder ruim en bied gemaklik plek vir ’n koningsgrootte bed. 'n Groot aluminium skuifdeur lei na ’n privaat patio met ’n rustige plaasaansig. Die en suite badkamer is volledig toegerus met twee aparte wasbakke, groot spieëls, ingeboude laaikaste, ’n losstaande bad, ’n ruim enkelstort en ’n toilet. Die mure is netjies geteël en die moderne krane voltooi die luukse afwerking. Op die boonste vlak is ’n veelsydige soldervertrek van ongeveer 42 vierkante meter met ’n pragtige uitsig en ’n aparte badkamer met stort, wasbak en toilet. Hierdie ruimte leen hom ideaal tot ’n addisionele slaapkamer, tuiskantoor, gimnasium of privaat ontspanningsarea. Hierdie woning bied ’n seldsame kombinasie van moderne luuksheid, slim tegnologie, uitstekende leefruimtes en lae onderhoud, en is perfek geskik vir ’n koper wat waarde heg aan kwaliteit, gerief en ’n verfynde leefstyl. Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is 'n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet 'n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid
Estimated monthly repayment
R 33 048
on a R 3 149 685 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Priced highPriced 36% above comparable 4-bed houses for sale in Orania
Based on 16 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
H110, Windpomp Eggo, Orania, Orania, Northern Cape
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Gontse Kruger
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 900 000
Kuruman
HouseR 4 440 000
Upington Central
HouseR 2 950 000
Hillcrest
HouseR 2 550 000
Dibeng
HouseR 2 780 000
El Toro Park
HouseR 2 490 000
Blydeville
HouseR 2 600 000
Hartswater
HouseR 2 600 000
Hartswater