Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 990 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT- Ruim 2 slaapkamer grasdakwoning met 2 en-suite badkamers Hierdie besonder oulike en uitstekend gelee¨ grasdakwoning in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed is ’n ware juweel vir die koper wat die rustigheid en natuurskoon van die Bosveld wil geniet. Die huis grens aan ’n netjiese parkie met indrukwekkende groot bome, waaronder die ikoniese ou apiesdorings wat so kenmerkend van Die Oog en die Waterberg-omgewing is. Die rustige ligging en pragtige uitsig op die gevestigde groen ruimtes dra by tot die besondere aantrekkingskrag van hierdie eiendom. Die woning is een van die groter grasdak-eenhede en bied twee ruim slaapkamers, elk met ’n en-suite badkamer. Beide slaapkamers is gerieflik van grootte en beskik oor voldoende ingeboude kaste wat praktiese en gemaklike berging verseker. Wanneer jy vanaf die afdak deur die klein hekkie die eiendom betree, word jy verwelkom deur ’n ruim, oop lapa met ’n ingeboude braai – die ideale ruimte vir ontspanning en onthaal. Vanaf die lapa lei ’n skuifdeur na die oopplan leefarea wat bestaan uit die sitkamer, eetkamer en kombuis. Aan die regterkant van die leefarea open nog ’n skuifdeur na die ruim hoofslaapkamer met sy en-suite badkamer. Die woning is ontwerp met meer vensters as die standaard-eenhede, wat sorg vir ’n aangename gevoel van ruimte en natuurlike lig regdeur die huis. Die moderne kombuis beskik oor ligte melamienkaste en bied plek vir beide ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is ook voldoende vloerspasie om ’n eiland of ontbyttoonbank by te voeg vir ekstra werk- en kuiergerief. Die tweede slaapkamer vloei prakties vanuit die kombuisgedeelte en beskik eweneens oor ’n eie en-suite badkamer, wat privaatheid en gemak vir inwoners of gaste verseker. Die privaat lapa is direk aan die huis gekoppel en skep ’n naatlose oorgang tussen die binnenshuise en buiteleefareas. Hierdie uitleg maak die woning besonder geskik vir ontspanne Bosveld-leefstyl en gesellige onthaalgeleenthede. Die Oog – ’n Aftreebestemming met ’n Toekoms Die Oog Aftree Landgoed is een van Suid-Afrika se mees gevestigde Bosveld-aftreelandgoedere en bied ’n unieke kombinasie van natuurlike skoonheid, veiligheid en ’n aktiewe leefstyl. Die landgoed beslaan ongeveer 200 hektaar en is gelee¨ aan die voet van die Waterbergberge naby Mookgopong (Naboomspruit). Inwoners geniet ’n veilige omgewing, uitstekende fasiliteite en ’n sterk gemeenskapsgevoel. Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), met meer as ’n eeu se ervaring in die versorging van ouer persone, is die ontwikkelaar van Die Oog en het ’n omvangryke uitbreidingsprojek van stapel gestuur. Die ontwikkeling sluit onder meer 60 nuwe middelversorgingseenhede en ’n moderne 127-bed gesondheidsentrum in, met spesiale fokus op Alzheimer- en demensiesorg. Hierdie uitbreiding versterk Die Oog se reputasie as ’n aftreebestemming waar onafhanklike leefstyl en professionele sorg hand aan hand gaan. Met sy gevestigde infrastruktuur, uitstekende gesondheidsorgfasiliteite, veilige Bosveld-omgewing en voortdurende ontwikkeling bied hierdie woning nie net ’n huis nie, maar ook die geleentheid om deel te word van ’n dinamiese en vooruitstrewende aftreegemeenskap. ’n Seldsame geleentheid om ’n ruim, ligte en besonder goed gelee¨ grasdakwoning in een van Limpopo se gewildste aftree-landgoedere te bekom. Skakel my vandag nog! Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 9 349
on a R 891 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Willem Mnguni
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 890 000
Modimolle
HouseR 990 000
Leeupoort
HouseR 960 000
Mookgopong