Find it.Tour it.Trust it.












House1 / 13Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 699 000
Pragtige 1 slaapkamer Grasdak Eenheid te Koop in Die Oog Aftree Landgoed – Perfek vir Ontspanning en ’n Aktiewe Leefstyl Hierdie netjiese en goed versorgde eenheid is ideaal vir die enkel persoon of paartjie (50 jaar en ouer) wat op soek is na ’n rustige, veilige leefstyl in die natuur. Gelee¨ in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, bied hierdie woning ’n unieke geleentheid om af te skaal sonder om op leefgehalte in te boet. Die oopplan-leefarea sluit ’n sitkamer, eetarea en praktiese kombuis in. Die slaapkamer is ruim genoeg vir ’n dubbelbed of twee enkelbeddens, en is toegerus met ingeboude kaste. Die badkamer is gerieflik naby die ingang gelee¨. Alles is uitstekend onderhou en gereed om in te trek. Wat hierdie eenheid besonders maak, is die toekomstige uitbreidingsplan wat reeds bestaan – ’n goedgekeurde ontwerp om die eenheid te vergroot na ’n 2 slaapkamer, 2 badkamer huis, met een en-suite. Die ruim erf en pragtige uitsig bied die perfekte geleentheid om ’n stoep aan te bou waar jy soggens met ’n koppie koffie die voe¨llewe, wild en asemrowende sonsondergange kan bewonder. Die oord self bied ’n ongee¨wenaarde leefstyl vir aktiewe afgetredenes. Aktiwiteite sluit in: Staproetes in die natuurreservaat Jukskei, lyn- en stoelpilates, MAP- en waterae¨robiese oefeninge Sosiale samekomste in die warm swembad – selfs tot laat in die aand ’n Vriendelike gemeenskap met ’n sterk gevoel van samehorigheid Die nuwe ontwikkeling in die oord – ’n SAVF-ontwikkelde mediese sentrum met ’n Alzheimer- en Demensie-eenheid, asook ’n 127-bed sorgeenheid – verseker gemoedsrus vir die toekoms. Moenie hierdie geleentheid misloop om deel te word van die unieke leefstyl wat Die Oog bied nie. Skakel my vandag nog vir ’n afspraak en kom ervaar self die rustigheid en warmte van hierdie besondere eenheid. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 6 601
on a R 629 100 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 550 000
Vaalwater
TownhouseR 875 000
Bendor
HouseR 500 000
Polokwane Ext 44