Find it.Tour it.Trust it.










































































House1 / 75Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 4 200 000
Hierdie pragtige eksklusiewe woning in Kranspoort is in 'n cul-de-sac, uiters privaat, ideaal vir 'n groot familie en ten volle gemeubileerd. Meubels is by die verkoopprys ingesluit. Van die oomblik wat jy deur die dubbelgrootte handgekerfde voordeur stap, kry jy 'n verwelkomende gevoel van ruimte, styl en heerlike familie kuiers. Die huis is keurig, smaakvol en prakties beplan. Die voordeur kan vanaf die pad op een vlak bereik word, alhoewel die huis in drie vlakke gebou is, met 4 motorhuise op grondvlak, 'n kroegarea, 2de onthaalarea, 'n poeltafel en 'n groot onthaal/eetkamer, al hierdie wat met alliminium opvoudeure uitstap op 'n baie privaat binneplein met swembad. Op hierdie grondvloervlak is ook 'n ekstra groot waskamer en 'n stoorkamer met 'n gastebadkamer vir wanneer julle heerlik kuier om die swembad en kroegarea. Die middelvlak (op dieselfde vlak as die voordeur) bied u 'n groot oop leef/familie TV Sitkamer met oopplan kombuis en eetkamer wat met opvou alliminium deure uitstap op 'n groot stoep en onthaalarea met 'n lieflike uitsig. Vyf slaapkamers met 2 badkamers, waarvan die hoofslaapkamer en-suite is, is ook op hierdie middelste vlak. Ideaal vir ouer garde wat verkies om op een vlak te leef tussen leefareas, stoep en kombuisarea. Die derde vlak is 'n oop loft area kompleet met eie geriewe en slaapplek vir hordes kleinkinders of vriende. Daar is 8 beddens in verskillende groottes van enkel, driekwart tot dubbelbed grootte. Die loft area het ook sy eie badkamer met wasbak, toilet en stort. Elke vertrek en die slaapkamers is toegerus met lugverkoelers. Die badkamers wat die kamers bedien is kompleet met albei 'n stort, groot losstaande bad, toilet en wasbak. Die gaste badkamer op grondvloer vlak wat die kroegarea bedien het 'n stort, wasbak en toilet. Gasgeyers verseker dat u Eskom kragrekening laag bly. Die hele huis is gemeubileerd met gepaste duursame "railway sleeper" - hout en spesiaal ontwerp vir die woning. Die kombuis het 'n gasstoof, groot oop beweegruimtes, genoeg kaste en pakplek met 'n eiland. Kranspoort Vakansiedorp is 'n pragtige dorpie tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van Loskopdam. Hier kan kinders nog op fietse klim en die strate vol rondry of gaan stap en die bos verken. Kranspoort bied u 4x4 roetes, staproetes, piekniekplekke, 'n 9 putjie Dayle Hays gholfbaan, 'n visvangarea, die Raasblaarsaal vir groot familie byeenkomste of partytjies, 'n speelarea vir kinders, die jukskei klub, voelkykers klub en vele meer. As u op soek is na 'n wegbreekplek in die bos, waar die hele familie saam kan kuier om 'n kampvuur, heerlik gaan stap en die pragtige natuur en dierelewe wil geniet, is Kranspoort die plek om te bly. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie pragtige familie huis te besoek.
Estimated monthly repayment
R 39 662
on a R 3 780 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Listed by
Naledi Mthembu
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 5 450 000
Bankenveld Estate
HouseR 4 350 000
Bethal
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 3 490 000
Secunda