Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
S99, Witolien Straat, Orania, Orania, Northern Cape
R 2 580 000
Hierdie goed beplande duet bestaan uit twee onafhanklike wooneenhede wat as een vaste gebou op ’n enkele erf opgerig is en deur ’n soliede muur van mekaar geskei word vir optimale privaatheid. Die voorste eenheid, ongeveer 107 vierkante meter groot, beskik oor twee slaapkamers en twee badkamers, waarvan die hoofslaapkamer en suite is, asook ’n ruim oopplan sitkamer en kombuis. Die agterste eenheid, ongeveer 83 vierkante meter, bied dieselfde uitleg met twee slaapkamers, twee badkamers en ’n kompakte, gemaklike oopplan leefarea. Elke eenheid beskik oor ’n privaat stoep wat direk vanaf die leefarea deur ’n skuifdeur uitloop, ideaal vir ontspan, kuier en rustige oomblikke. Hierdie eenheid het 'n 10 vierkate meter buite gebou met 'n aparte ingang, elektrisiteit en water en kan moeiteloos omskep word in 'n geriflik kantoor spasie of gastekamer. Die eiendom is geleë op ’n 424 vierkante meter erf met ’n geplaveide binneplaas vir wasgoed en ’n lae-onderhoud buite-opset met kunsmatige gras. Hierdie eiendom is uitstekend geskik vir dubbelbewoning, verhuurinkomste, uitgebreide familie of belegging. Die eiendom is geleë in ’n baie gesogte en gevestigde woonbuurt in die boonste gedeelte van die dorp, naby mediese fasiliteite, winkelsentrums en skole. Die omgewing is reeds goed ontwikkel, wat bydra tot ’n rustige en gevestigde atmosfeer. Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is 'n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet 'n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid
Estimated monthly repayment
R 24 364
on a R 2 322 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
S99, Witolien Straat, Orania, Orania, Northern Cape
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 4-bed houses for sale in Orania
Based on 16 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 2 600 000
Hartswater
HouseR 2 041 650
Keidebees
HouseR 2 350 000
Hillcrest
HouseR 2 600 000
Hartswater
HouseR 2 190 000
Heuwelsig
HouseR 1 950 000
South Ridge
TownhouseR 2 100 000
Minerva Gardens
HouseR 1 950 000
Keidebees