Find it.Tour it.Trust it.




























House1 / 29Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 040 000
Te Koop by Die Oog Aftree-Langoed: Uitstekend Onderhoude Opgegradeerde 2-slaap, 1-bad Grasdak Huisie Hierdie pragtige, opgegradeerde grasdak huisie is uitstekend onderhou en perfek gelee¨ binne die gewilde Die Oog Aftree-Langoed. Die woning bied 'n kombinasie van stylvolle leefruimte, praktiese uitleg en toegang tot 'n aktiewe, gemeenskapsgerigte leefstyl – ideaal vir diegene wat hul goue jare voluit wil leef. By binnetrede word jy verwelkom in ‘n oopplan leefarea wat die kombuis, eetkamer en sitkamer insluit – 'n ruim, liggevulde ruimte wat ideaal is vir ontspanning of kuier. Die kombuis is modern en toegerus met graniet werkblaaie – nie net esteties aantreklik nie, maar ook duursaam en maklik om skoon te hou. Die woning beskik oor twee slaapkamers met een badkamer gerieflik gelee¨ tussenin. Die hoofslaapkamer is ruim en is verder opgegradeer met ekstra ingeboude kaste vir genoegsame berging. ‘n Glaspaneel-skuifdeur in die sitkamer lei na ‘n pragtige ingeboude braai-area en lapa – perfek vir buitelug-kuiergeleenthede saam met familie en vriende. Die erf bied genoeg spasie vir gemaklike buitelewe, met ‘n rustigheid wat net die bosveld kan bied. Langs die kombuis lei houttrappe na ‘n knus solder (loft), wat volop ruimte bied vir twee enkelbeddens – ‘n ware avontuurplek vir kleinkinders, of alternatiewelik as ekstra stoorplek of ‘n kreatiewe ateljee vir naaldwerk, kuns of stokperdjies. Die eiendom sluit ook ‘n afdak in vir veilige parkering van jou voertuig. Leefstyl en Geriewe Die Oog bied ‘n unieke aftree-leefstyl waar jy werklik die slagspreuk "aktiewe aftrede" in aksie sien. Die gemeenskap spog met: Warmwater-swem – ideaal vir ontspanning, geselskap of net stil oomblikke onder die sterrehemel. Sorgeenheid, restaurant en winkeltjie op die perseel vir daaglikse gerief. Mediese geriewe: Apteke in Naboomspruit (slegs 16 km weg) lewer daagliks medisyne en maandelikse voorskrifte by Die Oog af. Checkers 60/60 aflewering beskikbaar – wat inkopies nog makliker maak. Die gemeenskap is lewenslustig en ondersteunend – mense raak vinnig soos familie. Aktiwiteite en Gemeenskapslewe Die Oog bied ‘n ryk program van daaglikse aktiwiteite en sosiale byeenkomste, insluitend: Pilates, stoel-pilates, MAP-oefeninge, strekklasse Lyndanse vir beginners tot gevorderdes Jukskei, putt-putt, voe¨l- en boomkyk Groepe wat saam fietsry, draf en stap in die natuurreservaat Pooltafels op die stoep en ‘n restaurant met bekostigbare spyskaarte en spesiale aanbiedinge Die eetsaal is bekend vir sy lekker en bekostigbare boerekos, wat gereeld vriende om ‘n tafel bymekaarbring – ‘n plek waar stories gedeel en herinneringe gemaak word. Hierdie woning is nie net 'n huis nie – dis 'n leefstyl. Of jy nou aktief wil bly, stil oomblikke in die natuur soek, of net jou dae wil vul met goeie geselskap en gemak, bied hierdie huisie alles wat jy nodig het. Skakel my gerus vir ‘n besigtiging of verdere inligting. Jou nuwe lewe begin hier! Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 9 821
on a R 936 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Grace Naidoo
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
TownhouseR 875 000
Bendor
HouseR 1 200 000
Florapark
HouseR 960 000
Mookgopong
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor