Find it.Tour it.Trust it.

































































House1 / 66Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 4 700 000
Hierdie uiters besonders en luukse woning is nou te koop in die pragtige Kranspoort Dorp. Voorwaar 'n eiendom waaroor u kan liries raak. Die eiendom het drie slaapkamers met drie en-suite badkamers, keurig en modern in uitleg en afwerking. 'n Oopplan kombuis en leefarea met 'n onthaalarea, ingeboude braai en 'n asemrowende mooi uitsig oor die swembad en omgewing. 'n Boma vanuit die kombuisarea is ideaal vir laataand kuiers om 'n vuur. Die oopplan leefarea stap uit, deur opvou alliminium deure, na die braaikamer waar daar heerlik gekuier kan word. Vanuit hierdie vertrek is die swembad ook bereikbaar sowel as vanuit twee van die kamers. Daar is gastegeriewe Die derde gastekamer is op die onderste vlak van die woning en toegang word verkry vanaf die parkeerarea met trappe. Ideaal vir gaste wat verkies om privaat te wees. Die eiendom is toegerus met gas geysers, 'n gasstoof met elkektriese oond, 'n solarsisteem en ekstra watertenks vir opgaarwater. 'n Argiteksoog in die ontwerp en 'n meestersoog in die afwerking. 'n Eiendom wat voorwaar uitstaan in klas en kwaliteit. Hierdie eiendom bied voornemende kopers verskeie opsies, om as alleeneienaars die eiendom voltyds te bewoon OF dit te gebruik vir naweke en vakansies en uit te verhuur as 'n selfsorg woning (slaap 6 volwassenes en 4 kinders) OF om gesamentlik tussen vriende, 'n eiendom in Kranspoort te koop wat met sy unieke styl en private kamers, ideaal sal wees vir ofgesamentlike gebruik of afwissel en naweke en vakansies gebruik as 'n "wegbreek in die bos". Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis van ouer kant. Kranspoort bied aan inwoners die gemoedsrus van veiligheid met 'n sekuriteitsbeheerde ingang, 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, meer as een restaurant in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, Mossienes Kwekery en dan ook Moot Stooreenhede en Die Moot Restaurant oorkant die hoofingang van Kranspoort. Kranspoort spog ook met goeie instandhouding wat beheer word deur die Kranspoort Eienaarskomitee met bekostigbare heffings vir voltitel eiendomme, 'n watersuiweringsaanleg en selfs 'n geregistreerde Abbatoir. Daar word nou saamgewerk met Natuurbewaring om die omgewing en bosveld te bewaar en te beheer van indringer plante en om te sien na vrylopende wild. Of jy nou opsoek is na 'n plekke in die bos om naweke te kom ontspan of permanent op Kranspoort wil kom bly, hier sal jy beslis rus en vrede vind. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie besonderse eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 44 384
on a R 4 230 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Priced highPriced 71% above comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Listed by
Zanele Brown
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 5 450 000
Bankenveld Estate
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 5 500 000
Groenkol
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 4 350 000
Bethal