Find it.Tour it.Trust it.























House1 / 24Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 440 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT – Ruim Gesinswoning met Uitsonderlike Potensiaal in die Gewilde Golfpark Sekuriteitslandgoed Gelee¨ in die gesogte Golfpark, 'n omheinde sekuriteitsarea met 24-uur toegangsbeheer en sekuriteit, bied hierdie ruim 3-slaapkamer woning die ideale kombinasie van gemak, veiligheid en uitstekende toekomstige moontlikhede. By aankoms word jy verwelkom deur 'n dubbel afdak voor die dubbelmotorhuis. Aan die linkerkant is 'n netjiese voortuin met 'n goed versorgde grasperk en 'n geplaveide paadjie wat verby die motorhuis na 'n hekkie lei. Deur die hekkie bereik jy die voordeur, met 'n afdak wat die motorhuis en woning netjies verbind. Die voordeur word verder beklemtoon deur 'n pragtige loodglaspaneel wat karakter, styl en warmte aan die woning verleen. 'n Kort ingangsportaal verwelkom jou binne, met die aparte kombuis aan die linkerkant. Van hier vloei die huis oop na 'n ruim L-vormige sit- en eetkamer wat die hart van die woning vorm en 'n uitnodigende leefruimte vir die hele gesin skep. Aan die einde van die leefarea is 'n veelsydige stoep/sonkamer wat ook uitstekend benut kan word as 'n tuiskantoor, speelkamer of selfs 'n addisionele slaapkamer. Hierdie vertrek beskik oor 'n deur vanuit die sitkamer sowel as 'n buitedeur wat toegang tot die netjiese voortuin bied. Vanaf die eetkamergedeelte word die slaapkamers bereik. Die eerste slaapkamer is aan die linkerkant gelee¨, terwyl die ruim hoofslaapkamer ook aan hierdie kant van die woning gelee¨ is. Die hoofslaapkamer beskik oor deurloopkaste aan beide kante wat toegang bied tot die en-suite badkamer. Hierdie ruim badkamer is smaakvol gemoderniseer en toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is aan die regterkant van die eetkamer gelee¨. 'n Kort gang lei na die gastebadkamer wat, net soos die en-suite badkamer, modern opgeknap is en toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet. Die slaapkamers beskik steeds oor matte wat 'n gevoel van warmte en gerief skep, terwyl die res van die woning afgewerk is met praktiese en onderhoudsvriendelike tee¨lvloere. 'n Groot bonus is die dubbelmotorhuis wat reeds met Rhino Board afgeskort is. Met minimale koste en moeite kan hierdie ruimte omskep word in 'n volledig funksionele een-slaapkamer woonstel met 'n eie ingang – ideaal vir ekstra huurinkomste, uitgebreide familie, gasteverblyf of selfs onafhanklike woonruimte vir ouers. Verder is die eiendom toegerus met drie watertenks, waarvan twee met drukpompe verbind is, wat bydra tot die praktiese waarde en volhoubaarheid van die woning. Hierdie is werklik 'n ruim en gemaklike gesinshuis wat aan verskeie leefstylbehoeftes kan voldoen – of jy nou op soek is na 'n tuiskantoor, addisionele inkomstepotensiaal, ruimte vir uitgebreide familie, of bloot 'n veilige en aangename plek om tuis te kom. Uitstekende ligging, veilige omgewing en ongelooflike potensiaal – 'n kombinasie wat selde op die mark beskikbaar is. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 13 598
on a R 1 296 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Ayanda Govender
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 400 000
Impala Park
HouseR 1 460 000
Phalaborwa
HouseR 1 495 000
Modimolle
HouseR 1 685 000
Chroompark
HouseR 1 500 000
Annadale
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 590 000
Mahlasedi Park