Find it.Tour it.Trust it.




















Flat / Apartment1 / 21Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong Rural, Mookgopong Rural, Mookgopong, Limpopo
R 2 750 000
Netjiese moderne pragtige 3 Slaapkamer woning in Die Oog Afree-landgoed. Hierdie pragtige woning is baie privaat en ontwerp vir ontspanne bosveldlewe met oop ruimtes. Hier sal jy 'n rustige omgewing met gemoedsrus ervaar vir jou goue jare in die hartjie van Limpopo Bosveld, naby Naboomspruit in die Waterberge, by Die Oog Afree-Landgoed. Hierdie lieflike huis is in 'n gesogte fase van die landgoed gelee¨ en bied privaatheid en nabyheid aan die natuur, met die bykomende voordeel van toegang tot goed versorgde fasiliteite van hoe¨ gehalte, aktiewe lewe met 'n magdom sosiale aktiwiteite om aan deel te neem, mediese fasiliteite, restaurant en veilige leefstyl. Vanaf die binnekoms van die huis word jy verwelkom deur die oopplan uitleg en hoe¨ dak wat eksta ruimte skep en oop spasies. Die vloei van die oopplan is van die komuis, na die eetkamer, tv kamer, werks kamer na die privaat sitkamer. Die pragtige kombuis is ruim met oorgenoeg ingeboude kaste, granietblaaie, 4-plaat gasstoof, afsuigwaaier en elektriese ondertoonbankoond. Daar is plek vir dubbeldeur-yskas, dubble wasbak met ‘n watersuiweraar. Vanuit die kombuis is daar ‘n privaat binnehof wat na die wasgoedlyn lei met 'n buite wasbak. Die wasmasjien en tuimeldroe¨r is gelee¨ binne in die motorhuis wat direk in die huis in vloei. Die eetkamer vloei naatloos vanaf die kombuis en dan na die Tv kamer met 'n ingeboude kaggel. Die sitkamer is meer privaat wat dan na ‘n studeerkamer spasie of werkskamer toe vloei. Die lugversorging in die sitkamer hou daardie area van die huis deurgaans koel. Daar is 'n skuifdeur na die pragtige patio area wat uitstekend is vir vermaak, met ingeboude braai vir onthaal en kyk uit oor die natuurskoon wat omring is deur bome en bosveld plante groei. Die hoofslaapkamer is baie ruim met lugversorging en dakwaaier, met skuifdeure wat na die privaat pragtige agterplaastuin lei. Daar is baie ingeboude kaste en lei na die en suite-badkamer wat bestaan uit die mooiste bad, toilet en wasbak met ingeboude vanity kaste met granietblaaie. Die tweede en derde slaapkamers is ook ruim met ingeboude kaste en dakwaaiers vir die warm bosveld somers. Die tweede badkamer bestaan uit 'n stort, wasbak met vanity kas en toilet. Daar is 'n dubbeldeur-linnekas vir ekstra stoor- en pakruimte. Al die vloere in die huis is deurgaans volledig getee¨l met moderne tee¨ls en is maklik om te onderhou en hou die huis koel in warm somer bosveld weer. Verder bied die woning ‘n outomatiese motorhuis met ingeboude kaste en werkspasie met ‘n dubbel afdak wat ekstra lank en hoog genoeg is vir ‘n karavaan met skadubedekking . Die bonus is die sonpanele en die inverters vir as daar beurtkrag is. Hierdie pragtige onberispelike huis in Die Oog Afree-landgoed is die perfekte keuse vir diegene wat 'n balans soek tussen 'n rustige Bosveldleefstyl en die geriewe van 'n goed versorgde, aktiewe aftreegemeenskap. Die heffing sluit die volgende in: • 24/7 bewaakte sekuriteit • Skoonmaak van huis een keer per week • Tuindienste een keer per week • Huisversekering en instandhouding aan die buitekant van die huis • Gratis toegang tot al die geriewe van Die Oog Afree-Landgoed Bel my vandag om nie hierdie fantastiese geleentheid te misloop nie!
Estimated monthly repayment
R 25 969
on a R 2 475 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong Rural, Mookgopong Rural, Mookgopong, Limpopo
Approximate location — the pin is centred on the suburb. The landlord will share the exact address on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Listed by
Nkosinathi Dlamini
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 500 000
Aquapark
HouseR 2 600 000
Flora Park
HouseR 2 500 000
Flora Park
HouseR 2 890 000
Aquapark
HouseR 2 120 700
Ivy Park
HouseR 2 500 000
Tzangeni
HouseR 2 940 000
Fauna Park
HouseR 3 000 000
Chroompark