Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 830 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT – Rustieke Boslewe langs ’n Rustige Waterloop in die Gesogte Die Oog Aftree Landgoed Hierdie besonderse 2-slaapkamer grasdakhuis bied die ideale kombinasie van rustigheid, privaatheid en natuurlike skoonheid in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, Naboomspruit. Die grootste aantrekkingskrag van hierdie eiendom is sonder twyfel die uitstekende ligging langs ’n rustige waterloop wat ’n unieke boslewe-ervaring skep. Die toegeboude lapa, wat aan drie kante afgesluit is, bied ekstra privaatheid en ’n heerlike ruimte waar familie en vriende in alle seisoene saam kan kuier. Wanneer jy vanaf die enkel afdak by die voordeur instap, word jy verwelkom deur ’n knus sitkamer wat die hart van die woning vorm. Regoor die hoofingang lei ’n deur jou na die lapa en die bosagtige gedeelte van die erf, waar die rustige natuurskoon en voe¨llewe deel word van jou alledaagse leefstyl. Links vanuit die sitkamer vloei die woning na die kombuisarea. Die eerste slaapkamer is aan die linkerkant gelee¨ voordat die kombuis verder in die lengte van die vertrek uitstrek. Die badkamer is prakties aan die einde van die kombuisgedeelte geposisioneer, net voordat jy die ruim hoofslaapkamer bereik. Vir die koper wat verdere waarde wil toevoeg, is daar reeds ’n goedgekeurde skets beskikbaar vir die toevoeging van ’n en-suite badkamer by die hoofslaapkamer. Die nuwe eienaar hoef slegs die nodige bouplanne te laat opstel en die vereiste goedkeuringsproses te volg. Die hoofslaapkamer beskik oor ’n skuifdeur wat direkte toegang bied tot die geplaveide buite-area, die lapa en die rustige bosomgewing. ’n Besonderse kenmerk van die woning is die glasvensters wat aan die grasdakkant van beide slaapkamers aangebring is. Hierdie vensters laat volop natuurlike lig instroom en versterk die warm, uitnodigende atmosfeer wat deur die hele huis ervaar word. Liefhebbers van natuurlike, aardse afwerkings sal onmiddellik tuis voel. Die kombuis, badkamer, ontbythoekie en toonbankoppervlaktes is smaakvol afgewerk met kliptee¨ls wat die rustieke karakter van die woning perfek aanvul en ’n tydlose gevoel van kwaliteit en warmte skep. Hierdie eiendom bied die ideale geleentheid om af te skaal sonder om privaatheid, ruimte of die gevoel van vryheid prys te gee. Geniet ’n rustige aftrede te midde van die natuur, met die sekuriteit, uitstekende geriewe en hegte gemeenskap waarvoor Die Oog Aftree Landgoed bekend is. Kontak my vandag nog om ’n privaat besigtiging van hierdie unieke bosjuweel te ree¨l. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 7 838
on a R 747 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Listed by
Marie Khumalo
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 990 000
Leeupoort
HouseR 960 000
Mookgopong
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 890 000
Modimolle
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor