Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 670 000
Die Perfekte eiendom vir afskaal met Styl! Ontdek die perfekte kombinasie van gemak, sekuriteit, privaatheid en Bosveld-rustigheid in hierdie pragtige 2-slaapkamer, 2-badkamer aftreewoning in die gewilde **Die Oog Aftree Landgoed** in Naboomspruit (Mookgophong), Limpopo. Hierdie besonder netjiese woning word omring deur 'n pragtig versorgde tuin wat jou vanaf die ingang tot by die voordeur verwelkom. Die rustige atmosfeer en uitstekende instandhouding maak dit moontlik om eenvoudig in te trek en dadelik jou nuwe leefstyl te begin geniet. Die eiendom beskik oor twee afdakke. Die afdak aan die voorkant is ideaal vir die berging van 'n karavaan, terwyl die ekstra lang afdak langs die huis oor 'n praktiese bergingsarea met 'n toesluit stoorkas beskik. Die woning is met groot sorg onderhou. Van die tuinhekkie tot by die afdak met buite braai begroet die pragtige tuin jou waar geveerde gaste daagliks kom besoek. Die toegeboude glasveranda met ingeboude braai bied 'n rustige uitsig oor die pragtige binnetuin en skakel met glas-skuifdeure na die oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis. Die slim uitleg benut elke vierkante meter optimaal en skep 'n verrassende gevoel van ruimte. Dit is die ideale woning vir die ouer paartjie of enigeen wat stylvol wil afskaal sonder om op gerief in te boet. In die gang af is die gastebadkamer aan die linkerkant, volledig toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Die eerste slaapkamer aan die regterkant is ruim genoeg vir twee enkel- of driekwartbeddens. Die groot venster kyk uit oor die rustige binnetuin, terwyl die spiee¨lskuifdeur die vertrek nog ruimer laat voel. Aan die einde van die gang is die ruim hoofslaapkamer, groot genoeg vir 'n koningsgrootte bed. Glas-skuifdeure open na die binnetuin en 'n volledige muur ingeboude kaste bied uitstekende pakruimte. Die en-suite badkamer beskik oor 'n bad, stort, toilet en wasbak. Vir ekstra gerief en laer elektrisiteitskoste is die woning toegerus met **8 sonpanele en 'n batterystelsel**, wat gemoedsrus bied tydens beurtkrag en kragonderbrekings. Daar is ook 'n solar geyser vir meer besparing. Die uitstekende sekuriteit van Die Oog Aftree Landgoed maak 'n motorhuis feitlik oorbodig. Die ruim afdakke bied voldoende beskerming vir voertuie, terwyl inwoners die voordeel van 'n veilige, toegangsbeheerde omgewing geniet. Die Oog Aftree Landgoed is een van Suid-Afrika se mees gesogte aftreebestemmings en bied veel meer as net 'n woning. Die landgoed beskik oor uitstekende fasiliteite wat inwoners se onafhanklikheid en lewenskwaliteit ondersteun. Die **SAVF speel 'n belangrike rol in die bestuur en versorging van die landgoed deur professionele ondersteuningsdienste, versorgingsopsies en 'n omgee-gemeenskap te bied wanneer dit benodig word. Hierdie unieke kombinasie van onafhanklike aftrede en beskikbare ondersteuning gee inwoners en hul families waardevolle gemoedsrus. Die landgoed groei voortdurend en nuwe ontwikkelings getuig van die groot aanvraag na hierdie unieke leefstyl. Moderne fasiliteite en voortdurende uitbreiding verseker dat Die Oog 'n uitstekende langtermynbelegging bly, terwyl inwoners steeds die rustige Bosveld-atmosfeer kan geniet. Natuurliefhebbers sal verlief raak op die privaat natuurreservaat waar kilometers se wandelroetes jou tussen inheemse plantegroei neem. Geniet gereelde ontmoetings met wild soos **kameelperde, koedoes, blesbokke, rooibokke** en 'n indrukwekkende verskeidenheid voe¨lspesies. Dit is 'n leefstyl waar veiligheid, natuur, gesondheid en gemeenskap hand aan hand gaan. **Eiendomskenmerke:** * 2 Ruim slaapkamers * 2 Badkamers (hoof en-suite) * Oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis * Toegeboude glasveranda * Ingeboude braai * Pragtige binnetuin * 2 Afdakke (1 Karavaanafdak) * Berging met afsluitbare stoorkas * 8 Sonpanele * Batterystelsel * Uitstekend versorgde tuin * Veilige toegangsbeheerde aftreeoord * Natuurreservaat met staproetes en wild **Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie. Indien jy op soek is na 'n veilige aftreewoning in Limpopo waar jy onafhanklik kan leef, deel kan wees van 'n hegte gemeenskap en elke dag die Bosveld kan geniet, is hierdie woning vir jou. Kontak ons vandag nog om 'n privaat besigtiging te ree¨l voordat hierdie pragtige woning verkoop is.** Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.
Estimated monthly repayment
R 15 770
on a R 1 503 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 70% above comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Ayanda Van der Merwe
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 495 000
Modimolle
HouseR 1 460 000
Phalaborwa
HouseR 1 590 000
Mahlasedi Park
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 500 000
Annadale
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 685 000
Chroompark
HouseR 1 950 000
Phalaborwa