Find it.Tour it.Trust it.






















































House1 / 55Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 1 475 000
'n huisie in die bos in pragtige kranspoort. Hierdie ruim splinternuwe karaktervolle houthuis in Kranspoort wag vir sy eerste eienaars. Splinternuut met pragtige afwerking en sakpas prys. Die huis bied jou 3 groot slaapkamers waarvan die 2 gastekamers ingeboude kaste het. Die gastebadkamer is toegerus moet 'n losstaande moderne groot bad, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer wat uitstap op die groot houtdek en uitkyk op 'n pragtige uitsig, het 'n aantrekkamer met meer as genoeg pakplek en 'n en-suite badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die oopplan kombuis is prakties beplan en het 'n gasstoof, genoeg werkspasie op 'n pragtige rustiek moderne konkrytblad en oorgenoeg pakplek. Elke stukkie van hierdie oulike houthuis is met sorg gebou, isolasie in die mure en dak, netjies en perfek en niks uit plek. Die groot leefruimtes sal jou verbaas met die intrapslag en hierdie oopplan woning vra vir pragtige groot kunswerke teen die mure. Daar is meer as genoeg spasie vir 'n groot sitkamerstel en 'n eetkamer. Die sitkamer loop uit op die groot houtdek wat uitkyk oor die mooiste bosveld uitsig. Daar is parkering onder die houthuis vir 2 groot voertuie tandem geparkeer. Kranspoort is 'n besonderse dorpie op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam. 'n Bosveld klimaat met warm somers en gematigde winters. In Kranspoort kan jy verseker wees dat die rustigheid van die omgewing jou gaan omvou. Hier kan kinders nog in strate ry met hul fietse of stap en die bosveld omgewing verken. Op Kranspoort is daar reels en regulasies waarby inwoners graag hou terwille van die rus en vrede. Hier is 4x4 roetes vir voertuie, maar nie vir vierwiel motorfietse nie, staproetes, piekniek plekke, 'n visvang plek, 'n Raasblaarsaal waar gekuier kan word kompleet met braaiplek, piekniek terrein en speelpark vir kinders. Kranspoort het 'n aktiewe jukskei klub, voelkykers klub, 'n stapklub en selfs yoga en pilates klasse 2x per week in die Raasblaar saal. Eerlikwaar baie om te doen. Kranspoort het ook 'n 9 putjie Dayle Hayse ontwerpte gholfbaan met 'n informele klubhuis, 'n sekuriteitsingang wat goed beheer word en 'n Kranspoort Eienaars Komitee wat die dorp in stand hou en omsien na die belange van eienaars. Kranspoort het ook sy eie watersuiweringsaanleg en geregistreerde Abbatoir. Om hierdie weggesteekte stukkie juweel van 'n dorp te kom ontdek op die N11, 'n nuwe huis waarop jy jou individuele stempel van smaak en karakter kan kom afdruk, kontak my gerus vir 'n afspraak om Kranspoort te besoek en na hierdie ''huisie in die bos'' te kom kyk. Die prys is onderhandelbaar.
Estimated monthly repayment
R 13 929
on a R 1 327 500 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Good valuePriced 48% below comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Johan Mthembu
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
TownhouseR 1 065 000
Reyno Ridge
HouseR 1 055 000
Kingsview Ext 3
HouseR 1 590 000
Evander
HouseR 1 590 000
Florapark
HouseR 1 080 000
Secunda Central
HouseR 1 898 000
Delmas
HouseR 1 490 000
Evander
HouseR 1 825 000
Kanonkop